Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
W staan ons met ons entoesiasme vir die jaar?
Is u nog geesdriftig?
Hoe verloop u jaar sover?
Hopelik het u ‘n vonkel in die oog. Hopelik het u nog by u voornemens vir die jaar kon bly. Ek hoef u nie daarvan te herinner dat dit nie noodwendig maklik gaan hierdie jaar nie. Ons verwag altyd ‘n uitdaging of 3 in ‘n jaar, maar die afgelope 2 jaar was dit besonders moeilik.
Oor die algemeen is ek ‘n optimistiese persoon. Ek kry dit nogal, dat mense vir my sê ek moet realisties hieroor of daaroor wees. Maar ek is van mening dat weens die feit dat ek my krag iewers ander vind en nie noodwendig by mense nie, kies ek om optimisties te wees. Maar tog betekend dit nie dat alles maklik is omdat ‘n mens optimisties is nie. Nee, inteendeel, die lewe kan nogal baie moeilik raak.
Lees gerus verder –
Filippense 1 vers 3-11 - God met jou van begin tot altyd