Oorleef ons as Christene of groei ons elke dag tot vasberade, ywerige diensknegte van God?
Ek dink Jesus se boodskap aan sy dissipels was om te groei. Ons weet dat die dissipels aanvanklik nie regtig verstaan het wat Jesus vir hulle geleer het nie. Hulle het baie aards gekyk na Jesus, hulle Rabbi. Maar soos wat Jesus wonders begin doen het en al hoe meer bekend begin maak het dat Hy die Seun van God was, het hulle gou begin besef dat hulle het hier te doen met iets bo die normale.
Na Jesus se dood, opstanding en Hemelvaart het hulle tot werklike besef gekom dat hulle deel was van ‘n bonatuurlike gebeurtenis, maar meer as dit, hulle is bemagtig om nie net te hou by die status quo nie, maar hulle is vrygemaak om te groei as individue tot God se eer en verlos om die beste weergawe van hulleself te word omdat hulle vir Jesus gelewe het.
Jesus vertel vir ons vandag ook net weer hoe ons te werk moet gaan met wie ons is.
LEES GERUS VERDER DEUR OP DIE SKAKEL TE DRUK
OF GAAN KYK NA DIE EREDIENS OP YOUTUBE DEUR HIER OP DIE SKAKEL TE DRUK