Broers en susters in onse Here Jesus Christus:
Wie, in hierdie lewe, ken jou die beste?
As gelowiges is die antwoord maklik. Ons sê, “Die Here ken my die beste.” Ja, dis waar, maar as dit kom by jou gedrag en jou denke, aksies ens. wie anders ken jou die beste?
Jy ken jouself die beste!
Volgende vraag – Wat is ‘n versoeking?
Het jy al vir jouself gesê, “Vandag sal ek nie kwaad raak op die pad nie” of, “vandag sal ek nie my vrou of kinders tamteer nie”, of “ek sal nie hierdie ding eet wat nie goed is vir my nie”, of “ek gaan nie vandag so baie rook nie, so baie negatief dink nie, so baie dit of dat doen nie”, en dan kom die versoeking en ons gee in.
Ons almal ken daardie dingetjies wat ons uit ons lewe wil weg kry, maar dit sit aan jou soos kougom.
Lees gerus verder. Druk op hierdie skakel –
http://nhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2022/01/Sondag-9-Januarie-2022-web-weergawe.pdf