Skriflesing: Lukas 5:27–32
Tema: Jesus aan Tafel – Die Heiligheid van Gemeenskap
Gister het ons kerkterrein geleef — gelag, kinders wat gespeel het, mense wat gesels oor ’n koppie koffie, hande wat bedien, en vriende wat weer bymekaar kom. Vir ’n oomblik het dit gevoel asof die kerk presies doen waarvoor God haar bedoel het — ’n plek waar mense mekaar ontmoet, harte oopgaan, en die liefde van Christus stilweg tussen mense beweeg.
En vandag, toe ons weer hier bymekaar kom, wil ek hê ons moet daardie gevoel van saamwees en blydskap behou. Want in Lukas 5:27–32 sien ons Jesus presies dit doen — sit saam met mense, eet saam, en wys dat gemeenskap heilig word wanneer Hy daar is.
Kom ons lees saam uit die Woord.
LEES OF LUISTER GERUS VERDER –
