Skriflesing: Numeri 11:10-23
Tema: God is nader as wat jy dink, selfs in jou frustrasie.
Stel jou vir ’n oomblik ’n toneel voor wat vandag in amper enige moderne kantoor, skool of selfs binne-in ’n besige huishouding kan afspeel. Jy ken daardie gevoel wanneer die eise van die mense rondom jou eenvoudig te veel word. Miskien is jy ’n bestuurder by ’n maatskappy waar werknemers aanhoudend kla oor die koffie in die kantien, terwyl jy self probeer keer dat die hele onderneming nie onder druk van ’n moeilike ekonomie sink nie. Of dalk is jy ’n onderwyser wat elke aand tot laat sit en merk, net om die volgende dag voor ’n klas te staan wat sug en kla dat die werk “vervelig” is.
LEES GERUS VERDER OF LUISTER VERDER –
