Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Hoe die Bybel inmekaar pas

HOE DIE BYBEL INMEKAAR PAS

Die Bybel is nie net een boek nie, maar ’n versameling van 66 boeke, amper soos ’n legkaart. En, soos die meeste legkaarte, is dit soveel makliker om te verstaan as jy eers die prentjie op die deksel gesien het en weet waarna jy soek.

Nuwe Testament

  1. Evangelies

Matteus tot Johannes

Verslae oor die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus, die Messias wat in die Ou-Testamentiese Geskrifte belowe is.

  1. Handelinge

Die verhaal van hoe Jesus se volgelinge die boodskap oor die wêreld begin versprei het.

  1. Briewe

Romeine tot Judas

Geskrifte aan die nuut gestigte gemeentes wat die Christelike geloof en die toepassing daarvan in die daaglikse lewe verduidelik.

  1. Openbaring

’n Blik op God se uiteindelike plan om die bose te vernietig en ’n wêreld te skep.

 

Ou Testament

  1. Die wet

Genesis tot Deuteronomium

Die verhaal van hoe alles in die wêreld begin het, maar vinnig skeef geloop het en hoe God ’n nasie (Israel) begin bou het, aan wie sy wette deurgegee is en deur wie Hy beplan het om almal te red.

  1. Israel se geskiedenis

Josua tot Ester

Die verhaal van hoe Israel die “Beloofde Land” gekry het, maar dit verloor het deur herhaaldelike ongehoorsaamheid. Tog het God, wat altyd sy beloftes nakom, hul nasie herstel en vir hulle ’n nuwe begin gegee.

  1. Gedigte en wysheid

Job tot Hooglied

Insigte in hoë mense die beste uit die lewe kan kry deur volgens God se wil te leef.

  1. Die profete

Jesaja tot Maleagi

Boodskappe van hoop wat God se volk uitdaag, veral deur die belofte van die Messias wat kom.  

 

Kyk hoe die legkaart van die Bybel saam kom:

Die Bybel indeling a

Leave a comment

0.0/5

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.