Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Kloosterkerk van San Galgano

Kloosterkerk van San Galgano

Die kloosterkerk van die Heilige Galgano was ‘n Christelike klooster in die vallei langs die rivier Merse, tussen die dorpe Chinusdino en Monticiano, in die provinsie Siena, die streek Tuscany, in Italië.

Heilige Galgano was ‘n Katolieke Heilige van Tuscany. Sy moeder se naam was Dionigia en sy vader se naam Guido of Guidotto, maar sy naam kom skrams voor in dokumente uit die 16de eeu.

 

Galgano het aanvanklik ‘n rowwe lewe gelei in sy jongdae, maar later het hy daardie lewe gelos en ‘n godsdienstige kluisenaarslewe aan geneem in ‘n plek met die naam Rotonda di Montesiepi. Sy moeder het vertel dat Galgano twee visioene gesien het. In die eerste visioen het die aartsengel Migael hom vertel dat hy, Galgano, deur die aartsengel beskerm gaan word. In die tweede visioen het Galgano die aartsengel gevolg tot by die heuwel, Montesiepi, waar hulle die twaalf apostels en die Skepper ontmoet het. Na die visioene het Galgano se perd nie na sy bevele geluister nie en het hom gelei tot op die hoogste punt van die heuwel, Montesiepi, waar sy visioen afgespeel het. Hy was oortuig dat dit ‘n teken was en hy besluit om daar ‘n kruis op te rig. Omdat hy geen manier gehad het om ‘n kruis te maak uit hout nie het hy sy swaard in die grond geplant. Daar word gesê dat die swaard dadelik deel van die grond geword het sodat dit een soliede deel was en niemand dit kon verwyder nie. ‘n Ander storie vertel dat in een van sy visioene is hy aangesê om ontslae te raak van al sy materiële besittings. Hy het toe die stelling maak dat dit vir hom so maklik sou wees soos om ‘n rots in twee te deel en toe slaan hy sy swaard in ‘n rots vas. Soos die legende dit het, het die swaard deur die rots gegaan soos ‘n mes deur botter.

Die swaard in die steen by Montesiepi Kapel.

 

Na Galgano se dood in 1181, is ‘n ronde kerk gebou oor die plek waar sy graf was, om hom te eer. Daarna het die kloosterkerk gevolg waarvan vandag net die murasies oor is.

 

Vandag staan die daklose mure van die Gotiese styl, 13de eeuse kloosterkerk nog daar. Naby is die kapel of Eremo of Rotonda di Montesiepi (1185), die graf van Heilige Galgano, en die bedoelde ligging van sy dood in 1181, waar hy ‘n swaar in die grond gedruk het en daar staan ‘n verdere kapel met skildering van Ambrogio Lorenzetti.

In 1220 is die bouwerk aan die kloosterkerk begin. Die bouwerk is afgehandel 6 dekades later. Oor die jare, weens gevegte en oorloë het die kloosterkerk vervalle   geraak en lateraan net as ‘n skulp bly staan.

Die aanvanklik affiliasie van die kloosterkerk was Rooms-Katoliek.

Leave a comment

0.0/5

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.