Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Broers en susters in onse Here Jesus Christus: Die eerste drie woorde van Lukas 12:23 lees: die lewe is. En dan gaan Lukas aan en hy sê: tog belangriker as kos en die liggaam as klere. Hoe sou u aangaan, broers en susters? Hoe sou u hierdie sin voltooi? Die lewe is …? Wat sê u van die lewe, of, nog belangriker, van u eie lewe? Mense oordeel verskillend oor die lewe. Party sê dit is ‘n fees, ander sê dit is ‘n fout. Party sê: die lewe is wonderlik, mag daar geen einde aan kom nie. Ander weer maak ‘n einde daaraan. Of, dieeen na die ander advertensie nooi ons uit: kom geniet die lewe, geniet jou plesier, klink ‘n glasie op die lewe, die lekker lewe. Maar ‘n gewilde Afrikaanse liedjie weer, som die lewe totaal anders op: ons is maar net almal kinders van die wind, swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind. ‘n Bietjie somber, sou u miskien sê. Maar tog vanaand ter sake. Want dit is juis met soekers wie Jesus hier in Lukas 12:30-31 praat. Want hier verwys Hy eers na die dinge waarna die heidene soek, en dan na die dinge waarna die Christen behoort te soek.

 

Lees gerus die preek ver deur op die skakel te druk –

sondag-3-september-2017-sorge-van-die-lewe

Leave a comment

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2025. All Rights Reserved.