Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

Skriflesing:                 Matteus 3:13–17

Tema:                          Jy is God se geliefde.   

Geliefde in ons Here Jesus Christus –

Inleiding
Daar is min dinge so heilig en betekenisvol soos die doop van ‘n kind. Wanneer ouers hul kind bring om gedoop te word, is dit nie net ‘n mooi seremonie nie – dit is ‘n hemelse oomblik. In hierdie eenvoudige handeling sê God iets wonderliks: “Jy behoort aan My. Jy is My kind. Jy is My geliefde.”

Ons leef in ‘n wêreld wat soms koud en hard voel. Oorloë, geweld en onsekerheid vul die nuus. Mense voel dikwels onsigbaar, verloor, of nie goed genoeg nie. En dan kom doop – en dit roep uit:
Jy is gesien. Jy is geken. Jy is geliefd.

Vandag se teks, Matteus 3:13–17, vertel van Jesus se eie doop. En toe Jesus uit die water opkom, het God se stem uit die hemel gesê:
“Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verbly Ek My.”

Wat toe oor Jesus gesê is, sê God vandag ook vir die kind wat gedoop word – en vir elkeen van ons wat aan Christus behoort.

LEES OF LUISTER GERUS VERDER –

Adres

1 Kerk Avenue, Ferndale, Randburg, 2194

Kontak Ons

NHK Randburg © 2026. All Rights Reserved.