Tegnies gesproke bespreek die Bybel nie deelname aan ‘n gemeente op dieselfde manier as wat ons gemeente en kerk vandag verstaan en selfs uitleef nie. Die vroeë gemeentes het uit klein groepies mense bestaan wat in huise en openbare plekke bymekaar gekom het. Daar is geen aanduiding in die Bybel dat dorpe en stede ooit meer as een groep gelowiges, wat gereeld ontmoet het, gehad het nie. So, die opsie om rond te skuif van gemeente tot gemeente het eenvoudig nie bestaan nie.
Die outeur van die Hebreër geskrif raak wel aan die tema van kerk/gemeente bywoning. In Hebreërs 10:25 staan dit so – (Die Bybel 1983) Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Die versoeking aan gelowiges is om nie te diep betrokke te raak by ‘n gemeente nie. Die probleem om aan so ‘n versoeking gehoor te gee veroorsaak dat die hele gedagte van ‘Liggaam van Christus’ ondermyn word. Hebreërs dui juis aan – eerder (mekaar) aanmoedig om daarheen te gaan. Ons kan nie medegelowiges aanmoedig as ons nie tyd maak om mekaar te leer ken nie of ons kan nie aangemoedig word deur ander gelowiges as hulle vir ons vreemdelinge bly nie.
Aanvullend hiertoe is die feit dat ‘n gemeente die plek is waar gelowiges as die liggaam van Christus die geleentheid ontvang om hulle geestelike gawes met mekaar te deel (Romeine 12:6-8; 1 Korintiërs 12:4-11; 1 Petrus 4:10-11) wat deur die Heilige Gees gegee is tot almal se voordeel volgens 1 Korintiërs 12:7 – (Die Bybel 1983) Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Wanneer Christene ‘n minimale tyd met ander Christene spandeer, dan is daar min tot geen geleentheid om hierdie gawes van die Gees met mekaar te deel nie. Soos wat die skrywer van die Hebreër geskrif uitlig, word die ontmoetingsgeleenthede van Christene die plek waar (Hebreërs 10:24) – (Die Bybel 1983) … ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, en so ‘n gewoonte of onderneming sal onmoontlik kan plaasvind waar gelowiges nie gereeld bymekaar uitkom nie. En waar gelowiges nie verbind tot ‘n gemeente nie, maar rondgaan, kan daar nie aanspreeklikheid wees vir eienaarskap neem oor God se gemeente nie en kan mense nie eerlik hulle sonde bely en saam streef en saam bid om te groei in geloof en afhanklikheid van God nie – Jacobus 5:16 (Die Bybel 1983) Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.
As gelowiges moet ons aanspreeklik gehou kan word vir mekaar se geloof en groei, maar ongelukkig is dit vandag ‘n probleem omdat mense te maklik rondgaan en nie verbind tot die liggaam van Christus nie.
Dit is wys vir mense om seker te maak aan watter gemeente hulle gaan behoort. En dit vra dat jy na verskillende gemeentes/kerke sal gaan, vir ‘n tyd, sodat God vir jou sal aandui na watter gemeente/kerk Hy jou roep om vir Hom werksaam en deelnemend te wees. Die doel is om ‘n gemeente te vind waar geleer word dat die Bybel is die Woord van God en dat hulle daar al die waardes van die Christelike geloof handhaaf. En dit kan dalk tyd neem om so ‘n gemeente/kerk te vind, maar as jy ‘n ware gemeente/kerk gevind het, dan moet mens jouself kan verbind sodat God deur jou Sy liggaam(gemeente) kan bou, groei en verstewig sodat meer goddelose mense die goeie boodskap/evangelie van Jesus Christus, deur die kerk kan hoor, vind en tot ware liefde en lewe gelei kan word.