Skriflesing: Matteus 28:16-20
Tema: Die Groot Opdrag: Ons roeping en ons vertroue.
Geliefde gemeente, vandag staan ons voor God in die heerlikheid van Sy verbond. Ons het pas die heilige sakrament van die doop gesien, ‘n teken van God se belofte nie net aan een kind of een familie nie, maar aan Sy hele Kerk. Die doop herinner ons daaraan dat God mense na Homself roep, en dat Hy Sy Kerk roep om deel te wees van Sy sending. Daarom is dit so gepas dat ons teks vandag die Groot Opdrag uit Matteus 28:16-20 is. Hierdie gedeelte spreek nie net die gedoopte aan nie, maar elke gelowige wat hier saam is.
LEES OF LUISTER VERDER –
