NHK Randburg Basaar 2026
Kom kuier, eet en geniet die dag saam met ons!
Ons jaarlikse basaar bring die gemeente en gemeenskap bymekaar vir ’n dag van lekker kos, musiek, stalletjies en gesinspret. Bring jou familie en vriende en kom ondersteun NHK Randburg!
Datum: Saterdag 31 Oktober 2026
Tyd: Vanaf 09:00
Plek: NHK Randburg, hoek van Kerklaan en Dovestraat, Ferndale.
Vir navigasie kan jy “1 Kerklaan, Ferndale” soek. Dit is oorkant die kerk.
Hierdie bladsy word gereeld bygewerk soos verdere besonderhede beskikbaar raak.
Stalletjies en lekker eetgoed
By vanjaar se basaar kan jy uitsien na:
- Teetuin en dorstuin
- Kerrie en rys
- Boereworsrolle
- Jaffels
- Pannekoek
- Lekkers
- Witolifant-tafel
- Wolprojek en kaartjie stalletjie
- Kinderpreneurs
- Buite-uitstallers
- Kaartjiestalletjie
Kospryse en verdere besonderhede oor die stalletjies sal hier bygevoeg word.
Pret vir die kinders
Die kindertuin en paintball-skietbaan sorg vir pret vir die jongspan. Kom geniet die dag saam as gesin!
In die pastorie se tuin kan die kinders uitsien na:
- Springkasteel
- Ring toss
- Bean bag throw
- Hop ’n score
- Roll ’n score
- Golf game
- Inkleur vir kleuters
Meer besonderhede oor die kinderaktiwiteite en koste sal volg.
Musiek en dagprogram
Kom geniet die musiek en vermaak, met optredes deur Jaco Strydom, JJ Stephens en Josef Joubert.
Die program tot dusver
| Tyd | Aktiwiteit |
|---|---|
| 09:00 | Verwelkoming deur ds. Jaco |
| 09:30 | Jaco Strydom — optrede |
| 11:00 | JJ Stephens – optrede |
| 12:30 | Gelukkige trekking – Skaapvleis- en kontantprystrekking |
| 12:35 | Jaco Strydom – optrede |
| 13:00 | Josef Joubert – optrede |
Hou hierdie bladsy dop vir verdere programbesonderhede.
Ontmoet ons seremoniemeester!
Die bekende TikTok-persoonlikheid Corlia Wilkens is ons MC (seremoniemeester) vir die basaardag! Kom kuier saam terwyl sy ons deur die dag se program lei.
Skaapboekie-kompetisie: Wen ’n skaap of kontant!
Ons Skaapboekie-kompetisie is aan die gang! Koop ’n kaartjie, ondersteun die fondsinsameling en staan ’n kans om een van hierdie pryse te wen:
| Prys | Wat kan jy wen? |
|---|---|
| Eerste prys | ’n Skaap — die prys is skaapvleis |
| Tweede prys | R1 000 |
| Derde prys | R500 |
Kaartjies kos R50 elk.
Kaartjies is by die kerkkantoor en by gemeentelede wat kaartjies verkoop beskikbaar.
Help ons ook om kaartjies te verkoop! Kontak die kerkkantoor indien jy ’n kaartjieboekie wil neem om aan familie, vriende of kollegas te verkoop.
Verdere besonderhede oor die trekking sal hier bygevoeg word.
Bring jou skenkings vir die Witolifanttafel
Het jy bruikbare goed by die huis wat jy nie meer gebruik nie? Skenk dit gerus vir ons Witolifant-tafel!
Ons verwelkom:
- Bruikbare huishoudelike artikels
- Ornamente en dekor
- Werkende elektriese items
- Ander bruikbare tweedehandse goedere
Bring asseblief items wat skoon, heel en bruikbaar is. Elektriese items moet in werkende toestand wees.
Goedere kan by die kerk afgegee word. Kontak asseblief die kerkkantoor om ’n geskikte afleweringstyd te reël, of skakel die sameroeper:
Jan Joubert: 076 876 1504
Buite-uitstallers: Vul jou vorm in
Wil jy as buite-uitstaller aan NHK Randburg se basaar deelneem? Vul asseblief die toepaslike vorm in. Die vorm is in Afrikaans en Engels beskikbaar.
Afrikaanse vorm
Afrikaanse vorm hier
English form
English form here
Vir navrae of hulp met die vorm, kontak die kerkkantoor by 011 787 4983.
Gemeentelede: Waar help jou wyk?
Ons vra elke gemeentelid om by te dra by die stalletjie waar jou wyk ingedeel is. Kontak die betrokke sameroeper om jou hulp, bestanddele of skenkings aan te bied.
| Stalletjie / aktiwiteit | Wyke / groepe | Sameroeper en kontaknommer |
|---|---|---|
| Drinkgoed | Geen spesifieke wyk aangedui nie | Mizak en De Waal Ueckermann: 082 808 5893 |
| Teetuin | Gemeentevroue | Lynn van Jaarsveld: 072 207 7408 |
| Kerrie en rys | Kensington-B, Morningside, Olivedale, Rivonia, Berario | Jacques Schalkwyk: 083 644 6432; Carin Meyer: 083 457 8202 |
| Boereworsrolle | Ferndale, Fontainebleau, Boskop, Bryanston, Northriding | Ernst Rheeder: 076 244 1644 |
| Kaartjietafel | Geen spesifieke wyk aangedui nie | Charl Bouwer: 082 927 8397 |
| Lekkers | Gemeentevroue, Ruiterhof, Blairgowrie, Sundowner, Northwold, Noordhang | Janine J van Rensburg: 076 941 7083 |
| Jaffels | Presidentrif, Randpark, Randparkrif | Gert Booyse: 079 876 6888 |
| Pannekoek | Fourways, Wilgeheuwel, Northcliff, Honeydew, Victorypark, Weltevredenpark | Nic Dreyer: 066 305 1764 |
| Klank en vermaak | Geen spesifieke wyk aangedui nie | Jaco Strydom: 081 703 7273 |
| Speletjies | Jeug en finalejaar-katkisante | Ds. Jaco van Sittert: 083 279 5816 |
| Witolifant-tafel | Linden, Cresta | Jan Joubert: 076 876 1504 |
Waar geen spesifieke wyk aangedui is nie, kan jy die sameroeper direk kontak om hulp aan te bied.
Hoe kan jy verder help?
Elke bydrae maak ’n verskil! Jy kan die basaar ondersteun deur:
- Op die dag te kom kuier en aankope te doen.
- By jou wyk se stalletjie te help.
- Bestanddele, gebak of lekkers te skenk.
- Pryse vir die dag te skenk.
- Met kinderaktiwiteite te help.
- Met voorbereiding, opstel en opruiming te help.
- Skaapboekie-kaartjies te koop of te verkoop.
- Hierdie bladsy met familie en vriende te deel.
Helpers se voorbereidingstyd op die basaardag is 06:30–08:30. Reël asseblief jou betrokkenheid met die betrokke sameroeper.
Skenk ’n prysie vir ons basaarkinders
Help ons om elke kind wat die vyf speletjies op hul speelkaartjie voltooi, met ’n klein prysie te verras!
Ons verwelkom skenkings van:
- Borrelblaas
- Speelgoedkarretjies
- Plakkers
- Mini-notaboekies
- Vetkryte
- Sagte balletjies
Dit hoef nie duur te wees nie — iets kleins kan groot vreugde bring!
Bring gerus jou bydrae Sondag saam kerk toe en plaas dit in die boks agter in die kerk. Jy kan ook die kerkkantoor by 011 787 4983 kontak om aflewering gedurende die week te reël.
Baie dankie dat jy help om ons basaarkinders se dag spesiaal te maak!
Finansiële bydraes
Finansiële bydraes kan by die kerkkantoor of elektronies inbetaal word.
Gebruik asseblief “Basaar donasie” as verwysing. Indien jou bydrae vir ’n bepaalde stalletjie of aktiwiteit bedoel is, dui dit ook aan.
Kontak die kerkkantoor vir bankbesonderhede of verdere reëlings.
Navrae en betrokkenheid
Kontak die kerkkantoor vir basaarbesonderhede, Skaapboekie-kaartjies, skenkings, uitstallervorms of om jou hulp aan te bied.
Kerkkantoor: 011 787 4983
Dankie vir elke bydrae, skenking en hand wat help. Ons sien uit daarna om jou by die basaar te verwelkom!
