Ons glo dat die Kerk die opdrag uit die evangelie het om mense in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees te doop. Die doop in die Naam van die Vader getuig van ons nuwe verhouding met God. Die doop in die Naam van die Seun bevestig aan ons die verlossing deur Christus. Die doop in die Naam van die Heilige Gees is die waarborg dat die Gees van God in ons wil bly en voortdurend ons lewe nuut maak.
Die Doop roep ons op om God lief te hê. Dit is belangrik dat gelowiges die betekenis van hulle doop sal uitlewe. Ouers en die gemeente moet daarom hulle kinders leer wat die Doop beteken. Ons kinders behoort in die lewe van die gmeenskap van gelowiges te ervaar wat dit beteken om aan God te behoort.
As u graag wil doop die eerste Sondag van die kommende maand laat weet ds. Jaco by 083 2795 816 en maak ‘n afspraak vir die doopkategese van hierdie maand. Datums is op die gemeente kalender beskikbaar.
Gemeente kalender – https://nhk-randburg.co.za/kalender-van-die-gemeente-2022/
