Voorsitter: Ds CJ van Wyk

Die jaarlikse Basaar is ‘n groot fondsinsameling-geleentheid, waarby die hele gemeente betrek word. Die fondse wat ingesamel word, word gewoonlik vir ‘n spesifieke doel aangewend soos byvoorbeeld barmhartigheidswerk, instandhoudingswerk, ens.

Die Basaar is beslis ‘n groot gebeurtenis op ons jaarlikse kalender en word deur oud en jonk geniet.

Tema 2014: Die Haggai Projek het nou spoed gevang. Die huis van die Here word herstel tot sy eer.