Die doel van ons kerk kan in ’n enkele sin saamgevat word, gebaseer op twee Skrifgedeeltes:

 

“Ons glo ‘n groot verbintenis aan die groot _OPDRAG_en die groot _GEBOD_sal ’n  groot  kerk  lewer!”

 

Die Groot Gebod: Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele …siel… verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”  Mat. 22:36-40

 

Die Groot Opdrag: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  Mat. 28:19-20

 

  • Om “God lief te hê met jou hele hart” is “AANBIDDING”.
  • Om “Jou naaste lief te hê soos jouself” is “BEDIENING”.
  • Om “Dissipels te gaan maak” is “EVANGELISASIE”.
  • Om “Te doop…” is om “IN DIE GEMEENTE OP TE NEEM”.
  • Om “Te leer Christus opdragte onderhou” is “DISSIPELSKAP”.

 

NHK Randburg Bestaan:

 

  1. Om God Se Teenwoordigheid te____VIER_______ (Aanbidding)
  1. Om God Se Liefde te_________DEMONSTREER_____ (Bediening)
  1. Om God Se Woord te_________KOMMUNIKEER___ (Evangelisasie)
  1. Om God Se Familie te___VERSAMEL/BY MEKAAR TE MAAK__ (Gemeensaamheid)
  1. Om God se Mense te________ONDERRIG________________ (Dissipelskap)