doop-duif

  • Ons kerk bedien die doop aan kinders en aan volwassenes (wat nog nie gedoop is nie)
  • Ons beskou die doop as ’n teken van God se verbond met die mens.
  • Die doop vind gewoonlik die eerste Sondag van elke maand plaas.
  • Die doopgeleenthede word duidelik op die kerk se kalender aangedui.
  • Uitsonderings vir ander Sondae kan egter nie gemaak word nie.
  • Doopkategese moet deur die ouers van die kinders bygewoon word. Dit vind gewoonlik plaas op die tweede Donderdag voor die doop. Datums word aangedui op die kerk se kalender.
  • Indien u die doop in Engels of Tweetalig bedien wil hê, kan u gerus daarvoor vra.
  • Tydens die doopgeleentheid mag foto’s en/of video’s geneem word.
  • Dis egter belangrik dat u vroegtydig u naam opgee indien u u kind wil laat doop.
  • Doop aan volwassenes geskied na hul katkisasie tyd, tydens hul aflegging van Openbare Geloofsbelydenis.

Vir meer inligting oor die doop van kinders volg hierdie skakel –https://nhk-randburg.co.za/doop-van-kinders/