Dankbaarheid

Dag 1 –

Kom ons gebruik vanaand, en miskien vir die volgende week, die geleentheid om te bid rondom dankbaarheid. En ons kan in die week wat kom vir ander mense bid, maar vanaand, hierdie aand, bid eerstens vir jouself.

Ons is geneig om aandag te gee aan mense rondom ons, ons geliefdes, dalk mense by die werk, jou vriende, omstandighede, maar ons mis partykeer om by homself uit te kom. En dis waarop ons moet fokus vanaand.

Kom ons bid vir onsself.

Hoe sal so gebed lyk?

 Wel, miskien kan u begin om te sê,  “Here, dankie vir my lewe.” Dis ‘n voorreg dat mens kan lewe, dat jy, jy kan wees, met al jou dinge, al jou foute, al jou uitdagings.

Kom ons bid vanaand en sê, “ Here, dankie vir my lewe,” en dan kan jy uitbrei. Jy kan sê dankie vir wie ek is en dankie vir wie ek nog gaan wees, want ons groei. Ons moet aanhou groei. Ons gaan partykeer goeie eienskappe hê en slegte eienskappe, wat ons so met die tyd saam kan reg trek. Lelike dinge kan afgeskud word, maar ons kan ook uitsien na nuwe dinge in ons menswees.

Kom ons bid en sê dankie Here vir my bestaan, dankie Here vir wie ek is, dankie vir wie ek kan wees en dan kan jy uit bou. Bou ‘n bietjie daarop uit –  dankie vir my lang neus of my groot ore of my blink oë of vir die vermoëns wat ek het. Ag, wees kreatief, maar raak stil in dankbaarheid en praat met die Here oor wie jy is en wat hy met jou gemaak het en wat hy nog met jou gaan maak.