Marintha Labuschagne

Voorsitter: M Labuschagne

  • Die Kinderkerk vind ter gelyke tyd as die 8:00-erediens plaas.

Danksy 13 meelewende mammas en tannies vir wie ons kinders se geestelike groei baie belangrik is, spog die NHK Randburg met ‘n sterk kinderbediening.

Die Kinderkerk – soos dit kortweg bekend staan – bestaan uit drie groepe:

  •  Groep 1(Skapies): Voorskoolse groep (4-6 jaar)

o Enige kindjie wat selfstandig kan funksioneer en nie meer afhanklik is van mamma nie, en wat al kan konsentreer op ‘n storie en aktiwiteite, is welkom.

o Vir die kleiner kinders word daar wel elke Sondag ‘n tafeltjie met speelgoed en inkleurkryte in die sitkamer uitgesit sodat ouers die diens op die kringtelevisie kan volg terwyl die kinders besig gehou word.

o ‘n Mamma is egter ook welkom om saam met haar kind die Kinderkerklessie te kom bywoon.

  •  Groep 2: Graad 1-2 (Vissies)
  •  Groep 3: Graad 3 (Voëltjies)

Groep 1 (Voorskoolse groep) en Groep 2 (Graad 1-2) se lessies word Sondagoggende tydens die 08:00-diens aangebied.

Groep 3 (Graad 3) se lessie word tussen die twee eredienste om 09:00 in die kategese-tyd aangebied, wat impliseer dat hulle saam met die ouers moet kerk toe gaan.

Die tannies bied die lessies op ‘n rotasiebasis aan.

Die lessies word so opwindend as moontlik vir die kindertjies aangebied en sluit gewoonlik ‘n Bybelstorie met ‘n gepaste aktiwiteit en ‘n bak-en- brou(vir die voorskoolse en Graad 1-2-groep) in.

Uit getuienisse van ouers blyk dit dat baie van die kindertjies nie kan wag vir “kerkskool” nie.