Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart!

Om God se Teenwoordigheid te vier.

 

Die doel van ons kerk kan in ’n enkele sin saamgevat word, gebaseer op twee Skrifgedeeltes:

“Ons glo ‘n groot verbindtenis aan die groot OPDRAG en die groot  GEBOD sal ’n  groot  kerk  lewer!”

Die Groot Gebod: Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele …siel… verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”

Mat. 22:36-40

Die Groot Opdrag: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” 

Matteus 28:19-20