Voorsitter: Di CJ van Wyk en JJ van Sittert

Die ouderlinge en diakens vorm saam die Kerkraad. Ouderlinge en diakens word deur die gemeente verkies. Ons glo dat dit God is wat die gemeente se stem gebruik om persone tot kerkraadslede te verkies, daarom is dit ‘n groot eer en voorreg om op die kerkraad te dien.