Personeel

Ds JJ van Sittert

Predikant
E-mail Ds JJ van Sittert

Dien as die predikante van die gemeente Randburg.

ds Jaco van Sittert se vrou se naam is Martie en hulle twee dogters is Elri en Riani.

Hulle dienswerk behels:

  • Die verkondiging van die Woord van God en die bediening van die sakramente.
  • Besoek lidmate en nuwe lidmate van die gemeente.
  • Vertroos en sien om na siekes, verswaktes en almal in nood.
  • Doen voorbidding vir almal.
  • Neem verantwoordelikheid vir die Kategese.
  • Bedien geloofstoerusting.
  • Neem leiding met die bestudering van die Bybel.
  • Bevestig huwelike.
  • Lei begrafnisdienste.
  • Hou toesig oor die stoflike van die gemeente.
  • Help met die versorging van hulpbehoewendes.

Elna van der Walt

Administratiewe Beampte
E-mail Elna van der Walt

Sy beman die kantoor van die gemeente van 08:00 tot en met 15:30 elke dag van die week. Sy is beskikbaar vir alle kerklike administrasie, finansies en gemeentelike inligting aangaan die funksionering en daaglikse verloop van die gemeente.

Marintha Labuschagne

Kinderkerk Hoof
E-mail Marintha Labuschagne

Die gemeente is bevoorreg om elke Sondag tydens die erediens vir ons voorskoolse kinder van af 3jaar tot gr R en ook Graad 1 tot 2, lessies aan te bied wat bestuur word deur Marintha die kinderkerkhoof. Sy maak gebruik van gewillige ouers om doelgerigte en geloof opbouende lessies aan te bied vir ons kinders.

css.php