Ons gemeente was van die begin af gereed vir Covid. As u kerk toe kom is al die reëls in plek en u kan veilig kom deelneem aan die erediens. Ongelukkig kan ons nie tee en koffie na die diens drink nie en ons het ook nog nie kategese by die kerk nie.

Vir kategese is daar darem lesse vir ons klein kinders, Laerskool en Hoërskool kinders hier op die webwerf beskikbaar. Kyk onder jeug en u sal dit daar vind.

Wees veilig – ons Hemelse Vader het ons die verstand gegee om waaksaam en wys in ons lewens om te gaan met al die uitdagings wat die lewe bring.

Vir die sake wat bo ons vermoë is, laat ons in die Here se hande!