Ons is al weer op pad na die einde van die jaar toe. Soos u bewus is, het ons elke jaar ‘n Kerssangdiens. Vanjaar was dit beplan vir 29 November 2015 met die oggend Erediens om 09:00. Maar ons gaan dit skuif na ‘n aand toe.

Jare gelede het die gemeente eintlik ‘n Kerssang-aand gehad. Ons beplan dus ‘n Kersfees Kerslig Diens vir die Sondagaand van 6 Desember 2015, om 18:30.

Ons gaan aan u kerse verkoop, elke Sondag, ten bate van Barmhartigheid. ‘n Kers kos R20 per persoon; u skenk dus R20 waarmee ons behoeftige mense gaan help oor die kerstyd.

Bring, as u wil, n geskenkie vir ‘n kind saam, daardie aand die 6de Desember. Ons gaan daardie geskenkies dan deur gee aan die Ondersteuningsraad om aan behoeftigekinders uit te deel.

As u die aand kom, bring u kers saam. Dit word aangesteek by die deur en u plant u kers in ‘n houer met sand.

Die Jeug van die ons gemeente gaan betrokke wees deur as ‘n koor ‘n paar liedjies te sing. U gaan ook saam sing en die kinders gaan ook karakters van die Kersspel wees.

Vir meer inligting kontak ds Jaco – 0832795816