Iemand wys het eenmaal gesê – “Jou houding (attitude) is iets kleins, maar dit maak ‘n groot verskil”.

 

In die skrifgedeelte gaan dit oor die Israeliete wat in die woestyn trek na die beloofde land. Nie lank gelede nie het God hulle deur die Rooi see geneem en gered van die Egiptenare wat hulle agterna gesit het. Ons weet die Egiptiese soldate het in die see verdrink. Vandaar het Moses sy hande vol gehad met die gebrom en klae van die Israeliete. Hulle was kroniese klakouse. Die Hebreeuse woord vir murmureer/verset is dieselfde as vir ‘bly’, ‘vertoef’ of ‘die nag oorbly’. Klae, murmureer, verset is soos ‘n irriterende aanhoudende huisgas wat mens sukkel om van ontslae te raak.

 

Die Hebreeuse woord vir hierdie ‘verset’ lees ons die eerste keer van in Eksodus 15:22-24, drie dae na wonderwerk by die Rooi see. Die tweede keer was in die middel van die tweede maand in die woestyn in Eksodus 16:1-2. In Eksodus 16 vind ons hierdie woord agt keer. Meer as enige ander hoofstuk in die Bybel. Die verset het net al hoe meer en intens begin raak.

Lees gerus verder deur die volgende skakel te volg –

Sondag 27 Junie 2021