Sondag, 12 April 2020

Skriflesing:          Matteus 27:62-28:10

Tema:                     Bang vir die opstanding van Jesus.

In hierdie lewe het die realiteite van die lewe ‘n baie groot uitwerking op ons denke, en daarom ook op ons lewens. Dit wat jy glo is waar, beïnvloed jou manier van lewe.

Een emosie wat ons lewens baie keer kan beheer – is vrees – om bang te wees.

 

Soos met enige emosie, kan vrees, jou in ‘n greep kry. Ons het eintlik die beheer en mag oor ons emosie. Ons kan kies hoe ons gaan reageer op wat ons voel. En dis belangrik, veral vir Christene, om geoefen te raak in die ‘beheer neem’ van jou emosies, sodat jy optimaal kan lewe.

 

Bang wees, vrees, mag nooit ons oorheers nie. Veral nie, as ek en jy, vanuit ons verhouding met Jesus die lewe leef, nie.

 

Will Smith sê die volgende in die film –

Lees gerus verder(deur hier onder op die skakel te druk) of kyk gerus na die erediens …

Sondag 12 April 2020